Aan de Doorns Skool

Ons was ‘n groot aantal mense wat geld bymekaar gesit het om ‘n verskil te kon maak by Aan de Doorns Primêre Skool. Plaaskinders gaan daar skool.  Nadat ek een oggend in die kerk gepraat het, het bydraes ingestroom. Wat ‘n openbaring !

Ek deel graag die volgende getuienis:

Nadat ons alles  die klas aangekoop het was ons geldjie op, maar was ‘n ernstige behoefte vir ‘n kas waarin Juf. Faranaaz haar goed kon pak. Toe ek en Rita terug ry van die skool as, vra ons vir die Here om ons tog te help met ‘n kas…
Toe ek stilhou by die huis, wag Natalie met ‘n massa speelgoed en skryfbehoeftes – selfs speelgoed wat sy vir die kinders gemaak het.
6 uur die aand , lui my telefoon. Iemand in die gemeente bel my, sy wil ‘n bydrae maak. Sy dring daarop aan dat ek die geld dadelik kom haal.  Ek ontvang toe ‘n koevert met R1000.00 daarin – genoeg om vir die klas ‘n kas te maak en nog kleingeld vir ander goed. Geld reg vanaf die here !

Die eerste dag  van die skoolkwartaal , gaan Rita skool toe om nog die laaste goedjies op te sit. Die juf langsaan soek ook hulp. Sy benodig dringend ‘n waaier – weer vra ek en Rita  vir die Here om te voorsien. Een sondagoggend na die erediens gee ‘n gemeentelid ‘n koevertjie- R500.00  in die koevert. Presies die bedrag van ‘n staanwaaier.

Die verskil wat ons in die lewens van die kinders gemaak het, was nie die belangrikste les wat ons uit die projek geleer het nie, maar dat die Here so getrou is waneer ons hom nader met ons versugtinge. Hy hoor ! Hy gee onvoorwaardelik !

Ek sluit af met ‘n aanhaling van JH Oldham

‘n Lewende geloof is nie iets wat jy soos ‘n kruis moet dra nie, dit is iemand wat jou dra.

Alle eer aan  ons Hemelse Vader wat ons so gedra het en nog elke dag dra.

Diana Niemand en Rita Badenhorst