Afrikaanse Aansoekvorm

UITSTALLERS INLIGTING:

Liewe Uitstaller

Ons kan nie glo dit is al weer tyd om te beplan vir die jaarlikse Kersfees-mark nie. Die groei is jaarliks wonderlik waarvoor ons baie dankbaar is. Die datums vir vanjaar is as volg: Woensdag, 25 November tot Saterdag, 5 Desember 2015. Opstel van tafels en uitstallings geskied op Dinsdag, 24 November 2015.

Ons is op die stafiekoderingstelsel wat als omtrent die betaling, merk van artikels en nog vele meer aspekte vergemaklik en bespoedig. Ons fooie vir die 10 dae vir die duur van die mark is R475 per tafel en R250-00 vir ‘n halwe tafel. Die grootte van die tafel is 176cm x 75 cm. Ons kommissie is 18% van u omset.

Persone wat juweliersware uitstal en self hul tafels beman, moet 13% kommissie van u omset afstaan.

Aangeheg is die aansoekvorm wat asb. volledig voltooi moet word. Indien u vir meer as een tafel aansoek doen, waarop verskillende produkte te koop aangebied gaan word, maak asb. van ‘n tweede aansoekvorm gebruik. Alle vorms moet asb. terug gepos/epos of gefaks wees op 21 Mei 2015.

Worcester keuring vind plaas op Saterdag, 13 Junie 2015 vanaf 09:00 – 11:00 vir alle kategorieë.

Ons keur te NG Kerk Bellville-Wes, 8ste laan, Boston op 23 Mei 2015.
(Keuring gereël deur Craft X-Po, Bellville)
.
Meld asb. duidelik op u aansoekvorm waar u gekeur wil word.

Keuringstye

U moet asseblief 10 min. voor die tyd daar wees.

08:00 Kaartjies, Kersfeesversierings, Papier en kartonware.
09:00 Eetgoed, Souse, Drinkgoed ,Lekkers (Houer met proegoed vir Worcester gemerk)
10:00 Juwele, Badprodukte.
11:00 Naaldwerk, Lapverf, Kerse en Boeke.
12:00 Metaalwerk, Leer, Rottang en Plante.
13:00 Etenstyd.
14:00 Speelgoed, Houtwerk, Muurbehangsels en Rame.
15:00 Porselein, Glas, Pottebakkerswerk en Mosaiek.
16:00 Allerlei, Skilderye.

Keuring:

  • Pryse van produkte moet duidelik op die produk sigbaar wees
  • Bring asb u eie tafeldoek om produkte op uit te stal
  • Net gekeurde items mag op die mark verkoop word
  • Pryse mag nie voor of gedurende die mark gewysig word nie. Rond pryse asb af tot die naaste rand
  • Die hoogtes en lengtes van staanders moet asb op die aansoekvorm aangedui word.

Kosprodukte moet asb van die volgende voorsien word:

  • Vervaldatum
  • Hoe die produk gestoor moet word – voor en na oopmaak daarvan
  • Lys van bestanddele

Tref asb. reëlings met iemand om u produkte te kom voorlê indien u nie self teenwoordig kan wees nie. U moet steeds vir keuring kom al het u

voorheen by ons mark uitgestal. Die produkte wat verkoop word moet handgemaak wees. Tydens keuring sal streng hierop gelet word.

U sal teen die einde van Junie ‘n antwoord van ons ontvang i.s die keuring. Registrasiegeld is betaalbaar voor of op 31 Augustus 2015.

‘n Meer volledige brief i.v.m. tye en reëls sal aan u verskaf word na afloop van die keuringsproses.

Bid asb. vir almal, dit sluit die uitstallers in, asook die gemeentelede wat betrokke is by die besluite en reëlings i.v.m. die Kersfeesmark. Alle seën en voorspoed met u voorbereiding – ons sien uit daarna om u in ons midde te hê.

Vriendelike groete

Elzette du Toit
Nms Worcester Kersfeesmark Komitee

No Fields Found.