Worcester Kersfeesmark 2016
UITSTALLERS INLIGTING:
Liewe Uitstaller
Ons kan nie glo dit is al weer tyd om te beplan vir die jaarlikse Kersfeesmark nie. Die Worcester Kersfeesmark is ‘n gevestigde mark wat die laaste paar jaar ‘n gemiddelde omset van meer as R1,6 miljoen gehandhaaf het – hiervoor is ons baie dankbaar.
Ons wil u hiermee uitnooi om deel te wees van hierdie suksesverhaal. Die datums vir vanjaar is as volg: Woensdag, 23 November tot Saterdag, 3 Desember 2016.
Opstel van tafels en uitstallings geskied op Dinsdag, 22 November 2016.
Ons is op die stafiekoderingstelsel wat als omtrent die betaling en die merk van artikels bespoedig.
Ons voorsien ook ‘n diens waar u elke aand van die dag se verkope op hoogte gehou word. Ons fooie vir die 10 dae – vir die duur van die mark – is R500 per tafel en R275-00 vir ‘n halwe tafel. Die grootte van die tafel is 176cm x 75 cm. Ons kommissie is 18% van u omset. Persone wat juweliersware uitstal en self hul tafels beman, moet 13% kommissie van u omset afstaan.
Aangeheg is die aansoekvorm wat asb. volledig voltooi moet word. Indien u vir meer as een tafel aansoek doen, waarop verskillende produkte te koop aangebied gaan word, maak asb. van ‘n tweede aansoekvorm gebruik. Alle vorms moet asb. terug gepos/epos of gefaks wees op 19 Mei 2016.
Worcester keuring vind plaas op Saterdag, 4 Junie 2016 vanaf 09:00 – 11:00 vir alle kategorieë.
Ons keur te NG Kerk Bellville-Wes, 8ste laan, Boston op 21 Mei 2016.
(Keuring gereël deur Craft X-Po, Bellville).
Meld asb. duidelik op u aansoekvorm waar u gekeur wil word.
Keuringstye
U moet asseblief 10 min. voor die tyd daar wees.
08:00 Kaartjies, Kersfeesversierings, Papier en kartonware.
09:00 Eetgoed, Souse, Drinkgoed ,Lekkers (Houer met proegoed vir Worcester gemerk)
10:00 Juwele, Badprodukte.
11:00 Naaldwerk, Lapverf, Kerse en Boeke.
12:00 Metaalwerk, Leer, Rottang en Plante.
13:00 Etenstyd.
14:00 Speelgoed, Houtwerk, Muurbehangsels en Rame.
15:00 Porselein, Glas, Pottebakkerswerk en Mosaïek.
16:00 Allerlei, Skilderye.
Keuring:
- Pryse van produkte moet duidelik op die produk sigbaar wees
- Bring asb u eie tafeldoek om produkte op uit te stal
- Net gekeurde items mag op die mark verkoop word
- Pryse mag nie voor of gedurende die mark gewysig word nie. Rond pryse asb af tot die naaste rand
- Die hoogtes en lengtes van staanders moet asb op die aansoekvorm aangedui word.
Kosprodukte moet asb van die volgende voorsien word:
- Vervaldatum
- Hoe die produk gestoor moet word – voor en na oopmaak daarvan
- Lys van bestanddele
Tref asb. reëlings met iemand om u produkte te kom voorlê indien u nie self teenwoordig kan wees nie. U moet steeds vir keuring kom al het u voorheen by ons mark uitgestal. Voorkeur sal aan handgemaakte produkte gegee word.
Tydens keuring sal streng hierop gelet word.
U sal teen die einde van Junie ‘n antwoord van ons ontvang i.s. die keuring.
Registrasiegeld is betaalbaar voor of op 31 Augustus 2016.
‘n Meer volledige brief i.v.m. tye en reëls sal aan u verskaf word na afloop van die keuringsproses.
Bid asb. vir almal, dit sluit die uitstallers in, asook die gemeentelede wat betrokke is by die besluite en reëlings i.v.m. die Kersfeesmark. Alle seën en voorspoed met u voorbereiding – ons sien uit daarna om u in ons midde te hê.
Vriendelike groete
Elzette du Toit
Nms Worcester Kersfeesmark Komitee
Worc Mark – Aansoekvorm 2016 (Afrikaans)
Worc Market Application form 2016 (English)